En passant

en passant
en passant

En passant (uit Frans: in verbygang) is 'n skuif in die bordspel skaak. En passant is spesiale skuif wat deur 'n pion uitgevoer word direk nadat die teenstander sy pion twee blokkie vorentoe geskuif het vanaf die pion se aanvangsposisieen,en die pion die teenstander se stuk buit asof die pion slegs een blokkie vorentoe geskuif het. In hierdie situasie buit eersgenoemde pion die pion wat twee blokkies skuif "in verbygang" deur die eerste blokkie. Die skuif kan net gemaak word as die speler die teenstander se pion sou kon buit as dit net een blokkie vorentoe gekuif het en die posisie na die skuif is dieselfde as wat dit sou wees as die teenstander sy pion net een blokkie vorentoe geskuif het en die speler dit dan gebuit het. Die en passant buit moet in die volgende beurt uitgevoer word direk nadat die teenstander sy pion twee blokkies vorentoe geskuif het, anders word die reg op en passant verloor.[1] Die skuif is die enigste in skaak waarin die stuk wat 'n ander stuk buit nie beweeg na die posisie waar die gebuite stuk voor die skuif gestaan het nie. As 'n en passant skuif die enigste wettige skuif is wat gemaak kan word, moet dit gemaak word.

Die en passant reël is in die 14de of 15de eeu aangeneem toe pionne die opsie om twee blokkie vorentoe te beweeg tydens hulle eerste skuif bekom het. Die rasionaal vir die reël is dat 'n pion nie verby 'n ander pion kan skuif sonder die risiko dat dit gebuit kan word nie.

In skaaknotasie word en passant soms aangedui met "e.p." maar die aanduiding word nie vereis nie. In algebraïese notasie word die skuif geskryf asof die pion wat gebuit is slegs een blokkie vorentoe geskuif het, b.v., exf6 (of exf6 e.p.) in die onderstaande illustrasie.

  1. FIDE rules (En Passant is reël 3.7, deel d)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search